TUINROETE | KAROO NUUS - Baie kinders in Suid-Afrika het nie die geleentheid om onderrig in hulle moedertaal te ontvang nie, veral na graad 3-vlak.
Daarom moet ouers hulle kinders vir meertaligheid voorberei voordat hulle skool toe gaan.
Doen die volgende:
• Reël privaat klasse waar jou kind in sy moedertaal onderrig word of neem self die leisels en help jou kind om 100% vaardig te word in sy moedertaal.
• Gebruik ander media, soos televisie en films, om jou kind bloot te stel aan die taal waarin hy onderrig ontvang.
• Bepleit transtaling in skole – ’n praktyk wat reeds in talle swart skole gebruik word.
• Stig jou eie privaat skool, mits so ‘n skool nie ander leerders op grond van hulle taal uitsluit nie.
• Bepleit moedertaalonderrig vir jou kinders.
• Span veeltalige hulpbronne, soos boeke, in.
Wat is transtaling?
Transtaling is ‘n teorie, maar ook ‘n praktyk en is gebaseer op hoe meertalige leerders hulle taalbronne aanwend vir kommunikasie en begrip en om betekenis aan konsepte te gee.
In die praktyk beteken dit: ‘n Kind ontvang dikwels onderrig in ‘n tweede taal, maar word dan toegelaat om die begrippe in sy eie taal te internaliseer. So ‘n kind word dan toegelaat om terugvoering in sy moedertaal te gee en ook om konsepte met medeleerders wat sy moedertaal deel, uit te pluis.
Transtaling in die klaskamer. Is dit prakties uitvoerbaar?
Transtaling is in die verlede ontmoedig, maar meer onlangs het talle studies op die voordele van transtaling in onderrig en leer begin wys. Transtalige klaskamers is beslis die antwoord in ons meertalige skole. Die uitdaging is egter hoe transtaling in die leerplan ingesluit word en hoe dit in assessering ge?mplementeer kan word.
Een oplossing is om vertalings- en tolkdienste in te span - ‘n strategie wat tans ondersoek word. Daar is ook reeds skole waar hulponderwysers/assistente gebruik word om die leerders te help.
Die assistent deel die leerders se moedertaal en op die manier kan die leerders met behulp van hulle moedertaal ondersteun word om die skoolwerk in die tweede taal te verstaan.
Kry die tien belangrikste vrae en antwoorde oor moedertaalonderrig op Afrikaans.com by die skakel.
Onderwysers en tuisskolers: Gaan kyk op Afrikaans.com se leerhulpafdeling vir ‘n keur plakkate vir jou klaskamer.
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'