Bure het die uitgehongerde honde aangemeld.
Beamptes 'n het uitgeteerde Great Dane aangetref wat skaars kon loop terwyl 'n jong Sharpei-kruis skynbaar leweloos op die grond gelê het.
By nadere ondersoek is vasgestel dat die Sharpei-kruis nog gelewe het, maar hy kon glad nie beweeg of sy oë knip nie. Hy is intussen uitgesit.
'n Jack Russel-kruis wat tekens van uithongering begin toon het, is ook verwyder.
Die Oudtshoorn Courant kon nog nie kontak met die eienaar maak nie.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.

Oudtshoorn Courant-redakteur, Hannes Visser met die Jack Russel. Hoewel dié honde in 'n beter toestand as die ander was, was dit duidelik dat hy baie bang en honger was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'