Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Honderde inwoners het vanoggend buite Oudtshoorn op die Calitzdorp-pad byeen gekom om saam te staan teen moorde in Suid-Afrika.
Die dag is geopen met gebed waarna die protesgangers met hul bakkies, trekkers en vragmotors na die De Rust-pad en George-pad gery het om die paaie daar ook toe te maak.
Die protes het nie alleenlik oor plaasmoorde gegaan nie. Daar is ook gebid vir geweldsmisdade oor die hele Suid-Afrika.
Die groep ondersteuners het nou in drie gedeel. Een groep op die Calitzdorp-pad, een op die De Rust-pad en een op die George-pad waar paaie gesluit is.
Kyk 'n video hieronder van die boere wat die Calitzdorp pad afgesper het.
Kyk nog 'n video hieronder.
'n Groep deelnemers aan vanoggend se protesaksie. Foto: Christo Vermaak
Op die De Rustpad vanmiddag. Foto: Hannes Visser
Lees 'n vorige artikel: Inwoners mobiliseer teen plaasmoorde
VIDEO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'