OUDTSHOORN NUUS - Die eerste sooi vir die bou van ’n openbare biblioteek vir die Rose Valley, is vanoggend deur Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, gespit.
Die Wes-Kaapse regering het ‘n bedrag van R8,5 miljoen vir die projek bewillig waarvan die eerste R2 miljoen vanoggend aan die onder-burgemeester, Noluthando Mwati, oorhandig is.
“Die sooispitgeleentheid dui die begin van die bou van ‘n langverwagte biblioteek vir die mense van Rose Valley en die groter Oudtshoorn aan,” het Marais gesê.
Volgens Marais is daar tans 370 biblioteeksentrums geaffilieer tot die provinsiale biblioteekdienste en groei die getal steeds.
“Ek sien daarna uit om binne ‘n kort tyd die opening van die Rose Vally biblioteek by te woon.”
Tydens die oorhandiging van die eerste R2 miljoen vir die bou van die Rose Valley biblioteek is van links Jerome Lambaatjeen (Wyksraadslid vir Wyk 6), onderburgemeester Noluthando Mwati, minister Anroux Marais en Tertius Simmers, Suid Kaapse LP. Foto’s Garnett Wicomb.
Die onderburgemeester het in haar toespraak die hoop uitgespreek dat die inwoners van Rose Valley eienaarskap van die biblioteek sal neem en dat dit deur veral die kinders benut sal word om hul kennis te verbreed.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'