OUDTSHOORN NUUS - Weens die inperkings-maatreëls word die jaarlikse gedenkdiens van die Raad vir Militêre Veterane Organisasies SA (RMVO SA) vanjaar weer digitaal gehou.
Normaalweg word die diens by die SA Weermag se muur van herinneringe by die Voortrekkermonument se erfenisterrein gehou.
Met die digitale uitsending kan meer mense egter nou hiervan deel wees.
Die plaaslike tak van die militêre veterane, Spekkop, nooi mense uit om die geleentheid by Kobus se Gat naby die Swartbergpas by te woon. Die uitsending vind op Sondag 30 Mei om 10:00 plaas.
Lede en belang-stellendes wat graag die uitsending en die samesyn by Kobus se Gat wil bywoon kan Pieter Cilliers by 081 406 0466 kontak.
Die skakel waar die uitsending beskikbaar sal wees is https://livestream.com/baruchmedia/milvets.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'