Update
OPVOLG @ 15:07 - Twee meisies opgespoor - Daar is pas verneem dat die twee leerders van Langenhoven Gimnasium, Chanise van der Bergh en Lara du Plessis, wat sedert gister soek was, in Oudtshoorn gekry is. Alhoewel geen details tans bekend is nie, blyk dit dat hulle by iemand se huis gekuier het sonder om hulle ouers of die skool daarvan te verwittig. TUINROETE NUUS - Gerugte wat tans die rondte doen dat twee meisies, Chanise van der Bergh en Lara du Plessis gevind is, is onwaar.
Die polisie het 'n beroep op die mense gedoen om asseblief nie vals inligting rond te stuur nie. Amptelike inligting sal deur die polisie gestuur word sodra dit nodig is.
Die 16-jarige meisies is gister na skool glo van die Gimmies se koshuis af dorp toe en is sedertdien nog nie weer gesien nie.
LEES MEER: Twee leerders sedert gister vermis
Chanise is oorspronklik van George en Lara van Uniodale, maar gaan op Oudtshoorn skool.
Indien iemand inligting oor die kinders het skakel sers. Corné Thysse by 072 278 4520.
Het jy die meisies iewers gesien?
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Tuinroete nuus'