OPVOLG @ 15:07 - Twee meisies opgespoor - Daar is pas verneem dat die twee leerders van Langenhoven Gimnasium, Chanise van der Bergh en Lara du Plessis, wat sedert gister soek was, in Oudtshoorn gekry is. Alhoewel geen details tans bekend is nie, blyk dit dat hulle by iemand se huis gekuier het sonder om hulle ouers of die skool daarvan te verwittig. TUINROETE NUUS - Gerugte wat tans die rondte doen dat twee meisies, Chanise van der Bergh en Lara du Plessis gevind is, is onwaar.
OUDTSHOORN NUUS - Twee meisies Lara du Plessis (16) en Chanise van der Bergh (16), leerders van Langenhoven Gimnasium is sedert gister, 17 November, vermis.
Volgens sersant Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het hulle gister van die koshuis af dorp toe geloop en is sedertdien nie weer gesien nie.
Beide meisies het glo nog hul skoolklere aangehad.
Enigiemand met inligting kan sersant Corné Thysse by 072 278 4520 skakel.
Chanise van der Bergh (16)
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'