Boere in die omgewing van Klaarstroom het groot verliese gely. Van die landerye langs die Grootrivier het in die slag gebly, terwyl een boer ongeveer 800 voerbale verloor het. Hierdie skade kom minder as ’n jaar nadat ’n vloed in Februarie 2014 ook talle landerye en heinings weggespoel het. Die boere wag steeds op die uitbetaling van die vloedskade het een van die boere die Oudtshoorn Courant meegedeel.