KAROO NUUS - Gayton McKenzie, president van die Patriotic Alliance politieke party is gister ingesweer as burgemeester van die Sentrale Karoo-distrik.
McKenzie was genomineer deur die KDF (Karoo Democratic Force) en het onbestrede gestaan vir die burgemeesterposisie nadat hy verlede week as raadslid ingesweer is.
Oudtshoorn Courant het verneem dat McKenzie beoog om geen salaris of enige voordele van die munisipaliteit te ontvang nie.
Lees die volledige storie in volgende week se uitgawe van Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'