KAROO NUUS - Die heel belangrikste eksamen het uiteindelik vir duisende matrieks vanoor die land aangebreek met die aflê van die Engelse vraestel.
Oudtshoorn Courant het Maandag in Ladismith met matrieks van die twee plaaslike hoërskole gesels.
Ruan Kleinhans, van Ladismith Sekondêr, meen dat sy vakopvoeder, Bertie van Aswegen, hul deeglik voorberei het vir al die afdelings van die vraestel.
Hillary Heradien het vol selfvertroue genoem dat sy vir seker hierdie vraestel sal slaag.
Shaanta Isaacs Lee, skoolhoof van Ladismith Sekondêr, het die matrieks voorspoed toegewens met die woorde van Filippense 4 vers 13: "Ek is tot alles in staat deur Christus wie my die krag gee."
Hoërskool Ladismith se Envor van Ster sê dat Annelize Nel hulle nie net deeglik voorberei het nie, maar hulle ook vertroud gemaak met die tipe vraagstelling deur vorige eksamenvraestelle met hulle deur te werk.
Hoërskool Ladismith se leerders is van links: Elregan Herandien, Damion Ludick, Clifford van der Westhuizen, Deidre Plaatjies, Moegamat Armadien, Envor van Ster en Aldri Gelant, noem dat hul opvoeder hulle deeglik voorberei het vir die Engelse vraestel. Foto's: Deon Meyer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’