OUDTSHOORN NUUS - Die 348ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed is verlede Saterdag deur Kobus Marais van Outeniqua Harriers, George, met ‘n tyd van 19 minute 41 sekondes gewen.
Gerhard van Jaarsveld was tweede by die eindpunt en Yaron Venter derde.
Die 17-jarige Zack Botha was die eerste junior en Sandra Kitshoff van die Cape Multisport Club, die eerste vrou.
Die tien vinnigste drawwers was:
- Kobus Marais (19:41)
- Gerhard van Jaarsveld (21:08)
- Yaron venter (21:13)
- Zack Botha (22:33)
- Reinard van Jaarsveld (24:41)
- Jacques Jacobs (25:36)
- Sandra Kitshoff (25:46)
- Lihan van Jaarsveld (26:01)
- Christo Jacques Theart (27:28)
- Johan Botha (27:35)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’