Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Man wat Desember verlede jaar uit die hofselle ontsnap het, maar weer aangekeer is, het Vrydag vlugtig op 'n klagte van ontsnapping in die landdroshof verskyn.
Die Oudtshoorn Courant het verlede jaar berig dat 'n verdagte in 'n gesinsgeweld- en huisbraak-saak uit die selle by die hof ontsnap het.
Ontsnap
"Een van die lede het gevind dat 'n verdagte wat in die A-hof moes verskyn, was nie in die hofselle nie. Op hierdie stadium is dit onduidelik hoe die verdagte uit die selle ontsnap het," het die verklaring van sers.
Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie gelui.
Die 23-jarige Adrian Witbooi het op Dinsdag 17 Desember 2019 op onverklaarbare wyse ontsnap.
Witbooi het Vrydag om regshulp aansoek gedoen en landdros Theolin November het die saak vir 'n formele borgaansoek tot vandag, Vrydag 10 Januarie, uitgestel.
Lees 'n vorige artikel: Verdagte ontsnap uit die selle
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'