OUDTSHOORN NUUS - ‘n 23-jarige verdagte het gister uit die selle van die Oudtshoorn-landdroshof ontsnap. Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval om 15:20 gebeur.
“Een van die lede het gevind dat ‘n verdagte wat in die A-hof moes verskyn, was nie in die hofselle nie. Op hierdie stadium is dit onduidelik hoe die verdagte uit die selle ontsnap het. Hy was aangehou op ‘n klagte van gesinsgeweld en huisbraak.”
Die polisie is opsoek na Adrian Witbooi wat moontlik met die ondersoek kan help.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 044 203 9000 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'