OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Man van Beaufort-Wes wat sy 8-jarige gestremde stiefdogter verskeie kere verkrag het is verlede Donderdag in die Oudtshoorn-streekhof lewenslange gevangenisstraf en nog tien jaar vir intimmidasie en aanranding met die doel om ernstig te beseer opgelê.
Die 28- jarige man is daaraan skuldig bevind dat hy die kind in 2014 verskeie kere verkrag het. Hy het dit gedoen wanneer die kind se ma geslaap het.
Die man se naam is aan die Oudtshoorn Courant bekend, maar om die kind se identiteit te beskerm kan dit nie bekend gemaak word nie.
Sy was 10 jaar oud toe sy in die hof oor die voorvalle getuig het en kry, volgens 'n maatskaplike verslag, steeds nagmerries daaroor. Sy slaap sleg en word ook soms aggressief en het graad vier vierkeer gedruip.
Die man het die kind ook nadat hy op 'n keer borgtog toegestaan is by die skool gaan intimideer en haar ma aangerand.
Die vrou is in Desember 2014 oorlede.
Die staatsaanklaer, adv. Michelle Weyers, het die hof vir lewenslange tronkstraf gevra omdat die man sy vertrouensposisie misbruik en ook geen berou toon nie.
"Hy het geen genade vir die slagoffer gehad nie en het 'n kind se lewe vernietig. Sy moet sit met 'n lewenslange straf. Niks sal haar letsels herstel en hy het nog die vremetelheid gehad om die kind by die skool te gaan intimmideer. Hy verdien lewenslange tronkstraf," het Weyers gesê.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'