KAROO NUUS - ‘n Man van Leeu-Gamka, wat op Prins Albert ‘n man met ‘n mes in sy rug gesteek het, is in die Oudtshoorn-streekhof aan poging tot moord skuldig bevind en vier jaar gevangenisstraf opgelê.
Jacquin Visagie (41) se verweer dat hy in noodweer opgetree het, is deur die hof verwerp.
Visagie het op 31 November 2022 by ‘n groepie mans in Prins Albert aangekom waar hulle besig was om te drink. Hy het ook aangedring op wyn waarna hy en die 25-jarige Brandon Baadjies begin baklei het. Hy het die toneel verlaat en later met ‘n mes teruggekeer en Baadjies daarmee gesteek. Volgens ‘n mediese verslag was die wond lewensgevaarlik.
Streeklanddros Ntsoki Moni het in haar uitspraak gesê Visagie het tyd gehad om af te koel, maar hy het nie.
Die hof het in ag geneem dat hy skuldig gepleit en ‘n eerste oortreder is.
Hy is ingevolge Artikel 276 (1) (i) tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis en ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’