LADISMITH NUUS - Die Ladismith-polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag nadat 'n 29-jarige man, wat later as Denzel Latell geïdentifiseer is, in 'n tref-en-trap ongeluk gesterf het.
Die insident, wat op 23 Januarie, sowat 15 kilometer buite die dorp plaasgevind het, het teen druktyd nog nie 'n moontlike verdagte opgelewer nie.
Sers. Crawley van die plaaslike speurtak het die publiek gevra om nie te skroom om hom te kontak indien hulle oor moontlike inligting oor die voorval beskik nie.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, sal 'n nadoodse ondersoek uitgevoer word.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein karoo nuus'