Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Die 54 jarige Willem Blaauw is Saterdag, 20 Oktober, kort voor middernag in ‘n botsing op die Rooiheuwelpad oorlede.
Hy was vanaf Oudtshoorn in die rigting van Rooiheuwel onderweg toe sy Volkswagen Polo naby die diereskut die pad verlaat het en verskeie heiningspale afgery het.
‘n Patrollievoertuig van die SAPD het op die botsing afgekom.
Volgens paramedici het hulle die oorledene buite die motor aangetref en hy is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die botsing is onbekend.
Blaauw was alleen in die motor.
Familielede was kort na die botsing op die toneel.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'