OUDTSHOORN NUUS - Die liggaam van ‘n 33-jarige man is gisteraand in Bongolethu gevind.
Volgens sersant Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is die oorledene se liggaam in 8ste Laan gevind.
“Sy liggaam moet nog deur sy familie uitgeken word. Dit lyk egter of hy aan natuurlike oorsake gesterf het omdat daar geen wonde aan sy lyf was nie.”
Micheals sê ‘n geregtelike nadoodse ondersoekdossier is deur die polisie geopen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'