OUDTSHOORN NUUS - 'n Weermaglid is Sondagoggend omstreeks 00:30 met 'n privaatvoertuig na die siekeboeg geneem nadat sy VW Golf op 'n ankerkabel te lande gekom het.
Die bestuurder het die pad in Parkweg voor die hospitaal byster geraak en 'n ankerkabel van 'n kragpaal getref.
Die Golf se voorkant het in die lug gehang en daar word vermoed dat die bestuurder beseer is toe hy uit die voertuig geklim het.
Met die aankoms van nooddienste op die toneel, was hy reeds weg.
Volgens omstanders het hy 'n hoofbesering opgedoen en is hy met 'n ander voertuig na die weermag se siekeboeg geneem.
Dit is onbekend of daar passasiers in die motor was.
Die ongelukstoneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'