OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n vrou en ‘n man van Gauteng wat teregstaan op twee aanklagte van bedrog, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn-streekhof vir instruksies aan hul regshulpprokureur vir nog ‘n maand uitgestel.
Idha Ziqubu (60) en Nomvula Ndlovu (49) word daarvan aangekla dat hulle in Oktober 2018 by twee geleenthede op Oudtshoorn bedrae van onderskeidelik R18 000 en R85 000 uit die Absa-bankrekening van ene Francina Moletsi wou onttrek.
Ndlovu se regsverteenwoordiger, Vaughn Shone, het hom Maandag aan die saak onttrek omdat Ndlovu hom nog nie vir sy dienste betaal het nie omdat hy nie oor die nodige fondse beskik nie.
Die twee beskuldigdes het die hof daarna meegedeel dat hulle van regshulp gebruik wil maak.
Streeklanddros Sylvia Mandla, het die saak daarna vir afskrifte van die dossier en instruksies tot 17 Februarie 2021 uitgestel.
Ndlovu se borgtog van R5 000 is verleng terwyl Ziqubu in aanhouding bly.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'