OUDTSHOORN NUUS - 'n Wit Volkswagen Polo het vanmiddag op die Kango-grottepad, naby die Ou Tol Cango Retreat, met 'n skoolbus gebots.
Die Polo was op pad na die grotte, terwyl die bus skoolkinders vanaf Grootkraal Primêre Skool na Oudtshoorn vervoer het.
Volgens inligting op die toneel, het die voertuie op 'n skerp draai met mekaar gebots.
Die bestuurder van die Polo is deur paramedici na die hospitaal vervoer. Die ander drie insittendes van die Polo, asook die skoolkinders en busbestuurder, is ongedeerd.
Die skoolkinders en busbestuurder is ongedeerd.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'