Update
OUDTSHOORN NUUS - Die SA fietsrykampioenskappe is op Maandag 6 Februarie by die Queens Hotel bekendgestel en tydens die geleentheid het uitvoerende burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson, 'n tjek van R75 000 oorhandig in vennootskap met dié kampioenskappe.
Macpherson het gesê dat die opgewondenheid in die dorp duidelik te bespeur is as gevolg van hierdie belangrike gebeurtenis en veral vanweë die fietsryhelde wat in Oudtshoorn in aksie gesien sal word.
Die SA fietsrykampioenskap word van vandag, 8 tot 12 Februarie gehou.
Vandag (8 Februarie), vind fietsrenne by Aurial Kollege plaas, en die res van die kampioenskappe vind van 9 tot 12 Februarie by Highgate-volstruisplaas plaas.
Corné Benze, president van die Eden-fietsryvereniging, het gesê dat die deurlopende ondersteuning van die rolspelers instrumenteel is tot die sukses van die byeenkoms en het hy ook sy dank teenoor die borge uitgespreek.
Vorige artikel: SA fietsrykampioenskappe spring more weg
Die uitvoerende burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson (links), oorhandig 'n tjek van R75 000 aan Eden-fietsryvereniging. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'