OUDTSHOORN NUUS - Chris Macpherson is Oudtshoorn se nuwe burgemeester.
Uit 19 raadslede, het 11 raadslede vir Macpherson gestem. Sewe het vir ANC raadslid Charoldine Cobus gestem, en daar was een bedorwe stembrief.
Raadslede Jongilizwe Tyatya (ANC) en Jevan Juthe (Sarco) het Macpherson gelukgewens met sy verkiesing en hom verseker van hulle ondersteuning, mits hy namens die hele gemeenskap optree en partypolitiek tersyde stel.
Macpherson gee die versekering dat hy as burgemeester alle mense van die dorp sal dien.
Die onderburgemeester van Oudtshoorn, Nolothandu Mwati (DA) het tydens die raadsvergadering aangekondig dat sy as onderburgemeester bedank.
Nominasies vir pos as onderburgemeester word nou ingewag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'