Update
DYSSELSDORP NUUS - Die saak teen 'n vrou van Dysselsdorp wat van moord op haar seun aangekla word, is Dinsdag in die Oudtshoorn-streekhof vir afskrifte van die dossier en instruksies tot volgende maand uitgestel.
Die 49-jarige Susan Lewies word daarvan aangekla dat sy haar 17-jarige seun, Dillon Lingerveld, met 'n mes gesteek het, toe hulle na bewering oor kos gestry het.
Die voorval het op 22 Junie plaasgevind.
Sy het gister vir die eerste keer in die streekhof verskyn en die saak is op versoek van haar regsverteenwoordiger, Gideon Badenhorst, deur streeklanddros Sylvia Mandla tot 22 November uitgestel..
Lewies se borgtog van R500 sowel as haar borgtogvoorwaardes is deur die landdros verleng.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'