OUDTSHOORN NUUS - Die orkes van die Bridgton Evangelies Lutherse Kerk op Oudtshoorn het vanjaar vir die 16de jaar tydens die KKNK opgetree.
Volgens die leier, kaptein David Jullius, is die brigade groot dank verskuldig aan die KKNK, sowel as kykNET, vir die geleentheid wat hulle gebied word om die kinders gedurende die fees aktief besig te hou.
Dit bied enorme blootstelling en spoor ander jongmense aan om by die brigade aan te sluit.
Die orkes het elke dag iewers opgetree en uiters positiewe reaksie van feesgangers ontvang.
Orkeslede van die Bridgton Evangelies Lutherse kerk tydens een van hulle optredes by die kuierbuurt. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'