Gallery Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Oudtshoorn se toerismesektor is in die wolke oor die nuutste toevoeging tot die toerismebedryf, veral na toerisme steeds swaarkry weens die Covid-19-pandemie.
Nova Hot Air Balloon Safaris het Maandag hul eerste lugballonvlug in na die inperkings van Oudtshoorn gehad.
Dit is die eerste keer in jare dat 'n lugballon oor Oudtshoorn sweef.
Volgens Mario Febbraio, direkteur van die lugballon-maatskappy, is Oudtshoorn weens die dorp se Karoo-prag, ideale weersomstandighede en ander, reeds goed gevestigde toerismegeleenthede, ideaal vir lugballonne. "Ons is 'n nuwe maatskappy wat onlangs ons lisensie by die burgerlugvaart gekry het, maar ek het reeds 40 jaar ondervinding in die lugvaartindustrie. Ek is self ook 'n vlieënier en het jare vliegtuie gevlieg."
Febbraio werk deesdae in die toerisme-industrie en doen toere in die streek.
Fotogallery: Lugballon in Oudtshoorn
"Voor Covid-19 het ek bykans op 'n daaglikse basis toeriste na Oudtshoorn gebring en ek het goeie bande met mense in die industrie. Met die pandemie op hande weet ek elke bietjie help en ek is seker daarvan die lugballonne sal toerisme aanwakker."
Febbraio sê hy het twee lugballonne, een wat agt passasiers kan neem en 'n ander vir vier.
"Ek het 'n lisensie om die kleiner een self te vlieg en op die stadium vlieg Marty de Kock, 'n vlieënier met meer as 30 jaar ervaring, die groot een."
Febbraio sê hy is baie opgewonde oor die nuwe uitdaging wat voorlê en om saam met ander toerismebesighede in Oudtshoorn te werk.
Kyk 'n video hieronder:
Oudtshoorn is weens die dorp se Karoo-prag, ideale weersomstandighede en goed gevestigde toerismegeleenthede, ideaal vir lugballonne:
Vorige artikel: Nuwe lugballon in Oudtshoorn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'