Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Ronnie Lottering , 'n voormalige munisipale bestuurder van Oudtshoorn, wat teregstaan op tien aanklagte van bedrog ten opsigte van die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, is verlede week vir verhoor na die streekhof oorgeplaas en vir voorverhoor verrigtinge tot 13 Desember uitgestel.
Die staatsaanklaer, adv. Willem Vister, het die hof met Lottering se eerste verskyning in die distrikshof meegedeel dat die ondersoek voltooi is en die staat gereed is om met die verhoor te begin.
Lottering, wat op Wellington woon, het volgens die klagstaat tussen Mei 2013 en April 2015 op onwettige wyse vir Imvusa Trading, Tremenders en Ihlati Communications as diensverskaffers vir die munisipaliteit aangestel aan wie miljoene rande betaal is.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni, terwyl Eugene Roos van die Regshulpraad verlede week vir Lottering op rekord gekom het.
Die beskuldigde is op waarskuwing vrygelaat.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’