CALITZDORP NUUS - Bekend vir port en wyn is Calitzdorp op meeste vakansiegangers se moet-sien-lys. Calitzdorp lê halfpad tussen Ladismith en Oudtshoorn op die gewilde R62.
Die pad tussen Ladismith en Calitzdorp is vol kronkels en gaan oor 'n bergpas, maar die 50 km tot op Oudtshoorn kan vir die avontuurlustige motoris effe vervelig wees.
Die grondpaaie by Red Stone Hills verby en deur Kruisrivier is 'n prentjiemooi alternatief en die moeite werd. Neem die Lategansvlei-afdraaipad sowat 5 km buite Oudtshoorn op die R62 Calitzdorp toe.
Ry in die rigting van die berge tot by die eerste T-aansluiting en gooi links waar jy ten minste vier kunsplekke langs die Groenefontein/Kruisrivier-roete kan kry. Die grondpad eindig op Calitzdorp by die begraafplaas.
Die grondpad is geskik vir gewone voertuie, maar moenie haastig wees nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'