OUDTSHOORN NUUS - Twee bekende inwoners, Dries en Rob Lombaard, gaan Oudtshoorn vir Prins Albert verruil.
Die egpaar was 37 jaar hier woon - en werksaam.
Dries was hoof van Beskermsdienste (1989 - 1996) en vanaf 2007 - 2022 was hy in die private sektor werksaam terwyl Rob by die Oudtshoorn Hospitaal (1988 - 1995) en toe by die Kango Kliniek (2000 - 2022) gewerk het.
Die egpaar sê hulle gaan Oudtshoorn en sy vriendelike mense mis, veral die lekker geselsies wat so in die verbyloop aangeknoop is. Hulle gaan by hul dogter op Prins Albert intrek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'