OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die 14-jarige Logan Ellis het Saterdag se 344 ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed met 'n persoonlike beste tyd van 22 minute 35 sekondes gewen.
Yaron Venter (22:43) was tweede en 'n ongeregistreerde deelnemer in die derde plek.
'n Besoeker, Lollos Rodseth, van die Durbanville-atletiekklub, was die eerste vrou oor die eindstreep met 'n tyd van 27 minute 34 sekondes.
Die tye van die voorste tien deelnemers:
- Logan Ellis (22;35)
- Yaron Venter (22:43)
- Johann Truter (26:50)
- Lollos Rodseth (27:34)
- Johann Coetzer (28:04)
- Aldeen van der Waklt (28:55)
- Jaco Erasmus (28:55)
- Nico Myburgh (29:15)
- Gabriele le Roux (29:34)
- Nadia Olivier (29:44)
Lollos Rodseth van die Durbanville-atletiekklub was die eerste vrou oor die eindstreep. Foto: Garnett Wicomb
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’