Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie is op die toneel by die Robinsonpas waar ‘n vragmotor vanoggend omgeslaan het.
Mossel Bay Advertiser-joernalis, Jannie du Plessis berig dat daar ‘n liggaam in die pad gevind is, etlike meter van waar die vragmotor omgeslaan het.
Een man wat in die vragmotor vasgekeer was, is intussen bevry en na ‘n plaaslike hospitaal geneem. Nog ‘n insittende is steeds in die vragmotor vasgekeer.
Die familie van een van die mans het op die toneel aan die Advertiser bevestig dat die vragmotor vanaf Kimberley na Mosselbaai gereis het en voerbale vir diere vervoer. Die ma van een van die insittendes het bevestig dat hulle op Mosselbaai woon. Sy het gesê haar seun is 39 jaar oud.
Intussen word die omstandighede van die voorval ondersoek.
Die vragmotorbestuurder het, na wat vermoed word, ‘n voetganger raakgery voordat die vragmotor omgeslaan het. Die polisie en nooddienste is tans op die toneel.
Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.
Foto's van die toneel:
Vorige artikel: Truck overturns in Robinson Pass
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'