OUDTSHOORN NUUS - Die liggaam van 'n plaaswerker wat sedert Saterdagaand vermis is, is vanoggend omstreeks 07:00 in n plaasdam gevind.
Volgens 'n plaasbestuurder van die plaas Buffelsdrift het die werker, Mfenguza Nkosikhona (bekend as Aaron), nie Maandag en Dinsdag vir diens aangemeld nie.
Hulle het hom as vermis by die polisie aangegee nadat gerugte die ronde gedoen het dat iemand die man in 'n dam gegooi het.
Die plaas is gefynkam, maar daar was geen spoor van die vermiste nie.
Die plaasbestuurder en 'n werker het vanoggend die liggaam tussen riete in 'n plaasdam sien dryf en die polisie gekontak.
'n Gergtelike doodsondersoekdossier is geopen en daar is op die toneel genoem dat mense reeds oor die voorval ondervra is.
'n Nadoodse ondersoek sal môre gedoen word om die oorsaak van dood vas te stel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'