OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se leiwaterbeurt word vanaf Donderdag 9 November uit die Grobbelaarsrivier ingekeer.
Die 10 uur beurt sal Maandag 13 November begin.
Alle slote gaan dus vol water wees vir die volgende twee weke. Inwoners word versoek om vroegtydig seker te maak alle roosters en opstruksies word uit die slote verwyder om oorstroming te voorkom.
Inwoners wat leiwater ontvang moet ook seker maak die uitkeersluise op persele is in plek totdat dit jou leibeurt is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’