Update
KLEIN KAROO NUUS - Landbouwerkers wat verlede maand as wenners in die Klein-Karoo se landbouwerker van die jaar-kompetisie presteer het is hierdie week Kaap toe vir die provinsiale uitdunne.
Die 11 landbouwerkers van plase in die Oudtshoorn-streek het Dinsdag na Kromme Rhee (Stellenbosch) vertrek waar hulle aan die jaarlikse Prestige Landbou-kompetisie deelneem.
Die finale beoordeling in hul onderskeie kategorieë het Woensdag plaasgevind en die uitslae sal op 2 November bekend gemaak word wanneer die algehele wenners van die provinsie tydens 'n galaaand in Stellenbosch bekend gemaak sal word.
Die Klein Karoo-wenners is:
- Anver Britz van Saag Jonker Welbedagh - (voorman sowel as algehele wenner)
- Marius Joseph van Greylands - (algemene werker)
- John Wanie van Boplaas Kammanassie- (trekkerdrywer)
- Ivan Pikaan van Diepkloof - (besproeiingsspesialis)
- Andrè Julies van Vredelus - (tegniese operateur)
- Heinrich Goliath van De Rustica - (diere produksie)
- Mathilda Peers van Kommandantsdrift - (sosiale ontwikkeling)
- Brendon Booysen van Kammanasie - (administratiewe personeel)
- Nico Maarman van Welgeluk en Venturia - (middelbestuur)
- Zian Lewis Joey Potgieter Welbedaght - (landbouverwerking)
- Jason Booysen Saag Jonker Welbedaght - (beste potensiaal)
Tien van die 11 werkers wat Dinsdag by die kantoor van Agri-Klein-Karoo bymekaargekom het voor hulle vertrek na Stellenbosch. (Die elfde kandidaat is onderweg opgelaai). Foto: Wyndham Ewerts
Lees 'n vorige artikel: Landbouwerker van die jaar
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'