KLEIN KAROO NUUS - Verlede Vrydagaand was 'n hoogtepunt vir 87 landbouwerkers van die Klein-Karoo wat almal finaliste was as die Klein-Karoo se landbouwerker van die jaar.
Maar, die man met die breedste bors was Anver Britz van Welbedacht, wat eers as die beste voorman aangewys is en daarna vorentoe geroep is as die algehele wenner. In sy kort toespraak het hy gesê hy is trots op sy werk en elke landbouwerker speel 'n uiters belangrike rol. Hy dring nou deur na die provinsiale rondte wat binnekort beoordeel word.
De Rustica is aangewys as die beste presterende plaas en Jason Booysen is aangewys as die landbouwerker met die meeste potensiaal.
Die kompetisie is geborg deur Shoprite en die Wes-Kaapse departement van landbou.
Die algehele wenner, Anver Britz met sy toekenning. By hom is, van links: Chris Schutte (Shoprite), Joey Potgieter (Agri Klein Karoo) en Jerry Aries (departement van landbou). Foto: Hannes Visser
Die kategoriewenners is:
- Marius Joseph van Graylands (algemene werker)
- Johnny Vian Wanie van Boplaas Kammanassie (trekkerdrywer)
- Ivan Pikaan van Diepkloof (besproeiingspesialis)
- Andrie Julie van Vredelus (tegniese operateur)
- Heinrich Goliath van De Rustica (diereproduksie)
- Mathilda Peers van Kammanassiedrift (sosiale ontwikkeling)
- Brendon Booysen van Kammanassie (administratiewe personeel)
- Anver Britz van Welbedacht (voorman sowel as algehele wenner)
- Nico Maarman van Welgeluk en Venturia (junior bestuur)
- Isak Damons van Plaas Welbedacht (middelbestuur)
- Zain Lewis van Welbedacht (landbouverwerking)
- De Rustica (beste presterende plaas)
- Jason Booysen van Welbedacht (landbouwerker met beste potensiaal)
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'