OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se bekende veteraan-atleet, Lampies Lamprecht, het Saterdag sy 100ste Oudtshoorn-parkrun voltooi.
Altesaam 98 drawwers en stappers het deelgeneem aan die 221ste plaaslike parkrun wat soos gewoonlik by die Surval-olyflandsgoed plaasgevind het.
Vier ongeregistreerde soldate verbonde aan die Infanterieskool was Saterdag die voorste deelnemers. Bianca van der Westhuizen wat algeheel vyfde by die eindpunt was, was weer die eerste vrou met Tarren Jullies wat die tweede vrou oor die wenstreep was.
Newald Groenewald was die eerste geregistreerde man gevolg deur Deon van der Walt (2de) en Hans Lareman (3de).
Die 14-jarige Eldine Natalie Salie was die eerste junior met 'n tyd van 26 min 56 sek.
Die beste tye van die geregistreerde deelnemers is soos volg:
- Bianca van der Westhuizen (23:24)
- Newald Groenewald (23:25)
- Deon van der Walt (23:48)
- Hans Lareman (23:51)
- Francois le Roux (24:48)
- Jacques Jacobs (24:48)
- Tarren Jullies (24:58)
- Conrad Jullies (26:07)
- Pierre van Rooy (26:41)
- Bart Saaiman (26:44)
- Eldine Salies (26:56).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'