OUDTSHOORN NUUS - Laerskool Wesbank het verlede Vrydag 'n groot hoeveelheid hondekos aan die Oudtshoorn-diereskut geskenk.
Die hoofseun van Laerskool Wesbank, Francois le Roux het gesê dat die leerders op hierdie idee besluit het omdat hulle omgee vir diere.
"Ons het by die klasse omgegaan en posters opgeplak sodat al die leerders kan weet dat ons hondekos insamel. Dit was regtig 'n spanpoging om soveel kos in te samel. Ons daag alle skole in Oudtshoorn uit om ook kos vir die Oudtshoorn-diereskut te skenk. "
Ansa De Jager, vrywilliger by die Oudtshoorn-diereskut, het gesê dat hulle diè skenking waardeer omdat die honde minstens 50kg hondekos per dag benodig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'