Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Tydens 'n kooropvoering wat op 1 en 2 November by Laerskool Wesbank gehou is, het Sulayman Human, pianis, die skool se koor begelei.
Die junior- en seniorkoor het liedjies soos Kolperd Sekretarisvoël en Oupa se ford opgevoer.
Die juniorkoor bestaan uit leerders van gr. 1 tot 3 en die seniorkoor uit leerders van gr. 4 tot 7.
Die leerders se koorafrigter Retha van Zyl het die koor gedirigeer terwyl Sulayman Human die begeleier was.
VIDEO - Laerskool Wesbank hou 'n kooropvoering onder leiding van pianis, Sulayman Human:
Die Juniorkoor van Laerskool Wesbank besig met 'n opvoering.
Leerders sit en luister hoe Sulayman Human klavier speel.
Laerskool Wesbank se junior- en seniorkoor onderleiding van Sulayman Human. Foto: Sonia Wahl
Van links is Sulayman Human (pianis), Retha van Zyl (koorafrigter) en Lorin Woodman (hulpkoorafrigter). Foto: Sarléne le Roux
Die juniorkoor van Laerskool Wesbank besig met een van hulle opvoerings.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'