LADISMITH NUUS - Ladismith is op Donderdag, 21 Desember, geruk met die nuus dat die alombekende Frans Januarie, beter bekend as Tossie, aan natuurlike oorsake oorlede is.
Tossie het op 16 Desember vanjaar 50 jaar oud geword.
Volgens 'n familielid, Florida Januarie, sal die begrafnisreëlings binnekort bekend gemaak word.
Jan- Dirk Brak, plaaslike apteker, het sy medelye met die heengaan van Tossie betoon en ook onderneem om met die begrafnisreëlings te help indien nodig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’