LADISMITH NUUS - Lede van die Ladismith-polisie het op Nasionale Vrouedag 40 vroue byeengebring om die spesiale dag te vier.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, was die tema van die dag, Ontdek jouself. Die sektorbestuurder van Zoar, sers. Henry Moses, die inisieerder van die dag het gesê vroue is die kern van 'n gesin.
Lt.kol. Jakobus Marthinus, die stasiebevelvoerder van die Ladismith-polisiestasie, het die vroue bemoedig deur te sê ondanks die uitdagings is daar hoop.
"Ons moet gelukkige gesinne kweek. Bou goeie waardes vir julle gesinne. Polisielede moet by gebroke gesinne betrokke raak."
Die onderburgemeester, Philly Antonie, het daarop gewys dat polisievroue dikwels sleggesê en beledig word deur die gemeenskap waar hulle woon.
"Uitdagings van vroue verskil van mans. Vroue is leiers in eie reg," het hy gesê. Hy het die vroue bemoedig met die woorde van Michelle Obama: "Women and girls can do whatever they want, there is no limit to what women can accomplished." Na die toesprake is die vroue bederf met 'n lekker ete.
Die sprekers agter, van links: Lt.kol. Jakobus Marthinus (bevelvoerder), Philly Antonie (onderburgemeester van Kannaland-munisipaliteit), Sanet Rossouw en sers. Henry Moses (sektorbestuurder van Zoar). Saam met hulle is die vroue wat die dag saam met hulle gevier het. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Karoo nuus'