Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Skaars 'n week nadat twee inwoners die blombedding by die kruising van Van der Riet- en Baron van Reedestraat herstel het, is dit weer flenters.
Volgens 'n bandspoor by die bedding lyk dit asof 'n vragmotor hierdie keer die sondebok was.
Hester Verwey het byna twee weke aan die bedding gewerk nadat dit maande gelede ook in 'n botsing beskadig is. Willem Burger het haar gehelp en verskeie mense het materiaal, tuingrond en plante geskenk.
Terwyl Hester verlede week daar gewerk het, was daar ook 'n botsing op die oorkantste hoek.
Kyk 'n video hieronder:
Ondanks die feit dat die munisipaliteit reeds verskeie kere onderneem het om na die kruising te kyk, is daar nog geen oplossing voorgestel nie.
Daar was die afgelope aantal jare verskeie botsings by die kruising, waarvan talle ernstig was. Terwyl die Oudtshoorn Courant vanoggend op die toneel was, was daar byna weer 'n botsing toe een motor eenvoudig net weggetrek het en reg voor 'n aankomende motor ingery het.
Navraag oor die situasie sal weereens aan die munisipaliteit gestuur word.
Hester Verwey pas nadat sy verlede week werk aan die bedding voltooi het.
Die bedding verlede week.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'