Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Vriende en familie van Francois Botha en Albert Jacobs, twee van die persone wat die afgelope naweek in 'n ongeluk by die Dysselsdorp-kruising dood is, het gister 'n kransleggingsdiens by die toneel gehad.
Botha en Jacobs is Saterdagaand saam met Anton de Ridder oorlede toe hulle die stopstraat by die Dysselsdorp-afrit gemis het.
Die voertuig, met die drie insittendes, is regoor die hoofpad en het by 'n afgrond afgeval en op die treinspoor geland.
Sover vasgestel kan word is al drie opslag dood.
Die voertuig is egter eers Sondagoggend op die treinspoor ontdek waarna die polisie en nooddienste inkennis gestel is.
Jann Botha, Botha se neef, het by die diens gesê dat Botha, Jacobs en De Ridder goeie vriende was.
"Hulle was vriende tot die dood. Dit is jammer dat hulle op hierdie wrede wyse van ons af weggeneem is, maar ons sal hulle onthou soos hulle was."
Lees 'n vorige artikel: 3 Sterf in ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'