OUDTSHOORN NUUS - Dele van Oudtshoorn ondervind tans kragonderbrekings as gevolg van die swaar weer.
Die munisipaliteit is bewus van die probleem en werk daaraan.
Gerhard Otto, hoof van rampbestuur in die Tuinroete, het gesê dat dele van George onbegaanbaar is en dat van die paaie gesluit is. Ook die Robinsonpas tussen Oudtshoorn en Mosselbaai ervaar swaar neerslae.
Mense word gevra om nie buite hul dorpe te ry nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudshoorn, Klein Karoo nuus'