OUDTSHOORN NUUS - ‘n Beplande kragonderbreking is vir Dinsdag 22 Mei van 06:00 tot 18:00 op Oudtshoorn, De Rust, Blomnek, Dysselsdorp en omliggende plase geskeduleer.
Eskom het kennis gegee dat hulle noodsaaklike opknappings- en herstelwerk aan kraglyne binne dié omgewing gaan uitvoer.
Indien weersomstandighede dit nie toelaat nie, sal die kragonderbreking op Woensdag 30 Mei van 06:00 tot 18:00 uitgevoer word.
“Alle elektriese toestelle moet gedurende die tydperk van die kragonderbreking as lewendig hanteer word.”
Vir enige navrae kan Eskom se inbelsentrum geskakel word by 086 003 7566.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'