OUDTSHOORN NUUS - Die elektrisiteitstoevoer in Toekomsrus sal vir 'n wyle af wees na 'n voertuig teen 'n kragpaal gebots het.
Volgens inligting wat op die toneel bekom is, het die bestuurder van die voertuig om die draai in John Theodorestraat gery en teen die kragpaal in Marsstraat gebots.
Die bo-punt van die kragpaal het afgebreek.
Die twee insittendes in die voertuig is vir ligte beserings behandel.
Die motor het teen 'n kragpaal gebots.
Die ongelukstoneel. Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'