OUDTSHOORN NUUS - Die Kleine Kuikens-kleuterskool buite De Rust, het die jaar op 'n hoogtepunt afgesluit met verskeie aktiwiteite.
'n Poppekas is deur ao. Elsje Frey van die De Rust-polisie aangebied as bewusmaking teen geweld teen vroue en kinders, skoendose vol Kersgeskenke is deur Claudia Hifke van die department van korrektiewe dienste geskenk en die skool se Kersspel, waaraan elke kleuter deelgeneem het, is ook aangebied.
Die skooljaar is met 'n uitstappie na Victoriabaai afgesluit.
Volgens die skoolhoof, Jenny Joubert, is die skool groot dank aan die gemeenskap verskuldig.
"Ons opregte dank aan almal wat mildelik bygedra het gedurende 2017. Elke broodjie, boek, vrug en geskenk is met groot dankbaarheid ontvang. Alle eer aan ons Hemelse Vader vir sy groot genade."
Adjudant-offisier Elsje Frey van die De Rust-polisie met die poppe wat sy tydens haar poppekasvertoning gebruik.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'