OUDTSHOORN NUUS - 'n Groep oudleerders van Hoërskool Môrester wat in 1973 matrikuleer het, het die afgelope naweek vir die eerste keer in 45 jaar 'n reünie by die skool gehou.
Hulle was 72 matrikulante waarvan 21 reeds oorlede is.
Die reünie het verlede Donderdag-aand met 'n potjiekosgeselligheid begin en is Sondagoggend met 'n dankseggingsdiens in die Verenigende Gereformeerde Kerk afgesluit waartydens een van die groep, eerw. Dawie Loff van die Rosedale United Congregational Church in Uitenhage, die boodskap gebring het.
Volgens Abe (Alla) Delport, het 80% van die Klas van 73 onderwysers geword en 10% professionele beroepsmense.
Hy het namens die groep hulde gebring aan hul opvoeders van destyds en ook sy dank uitgespreek teenoor die organiseerder van die reünie, Pietie Mooney, wat agtien maande gelede met die beplanning begin het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karo nuus'