OUDTSHOORN NUUS - 'n Klag van roekelose en nalatige bestuur word deur die polisie ondersoek na 'n persoon met 'n voertuig in 'n kuierplek vasgery het.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die ongeluk omstreeks 21:15 Vrydagaand in Dysselsweg plaasgevind.
"Voorlopige inligting dui daarop dat die bestuurder beheer oor die Ford Everest verloor het en teen 'n muur van die taverne gebots het. Verskeie persone is beseer nadat die muur van die taverne ineengestort het."
Volgens inligting wat Oudtshoorn Courant ontvang het, is vier mense tydens die ongeluk beseer en moes nooddienswerkers persone wat binne die kuierplek was onder die bakstene uithaal.
Hulle is na 'n hospitaal in Oudtshoorn geneem. Pojie het gesê twee van die vier was insittendes in die voertuig.
"Tydens die botsing is die voertuig op die oog af onherstelbaar beskadig. Die omstandighede rondom die botsing word ondersoek. Die dossier sal aan die senior staatsaanklaer voorgelê word vir beslissing sodra die ondersoek gefinaliseer is."
Vorige Artikel: Vier beseer toe voertuig in kuierplek inry
Volgens inligting wat Oudtshoorn Courant ontvang het, is vier mense tydens die ongeluk beseer en moes nooddienswerkers persone wat binne die kuierplek was onder die bakstene uithaal.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'