OUDTSHOORN NUUS - Vier mense van Dysselsdorp is gisteraand na 'n hospitaal op Oudtshoorn geneem na 'n motor teen 'n muur van 'n kuierplek gebots het.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant ontvang het, moes nooddienste werkers mense wat in die kuierplek was onder die bakstene van die muur wat omgery was uit gehelp het.
Die beseerdes was na bewering mense wat binne die gebou was.
Daar is op die stadium nog nie duidelikheid of enigiemand in die voertuig ook beseer is nie.
'n Navraag is aan die polisie gestuur.
Daar is nog nie duidelikheid of enigiemand in die voertuig ook beseer is nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'