OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie ondersoek 'n klag van opsetlike saakbeskadiging na die veld naby Palm-oord in Oudtshoorn verlede Donderdag aan die brand gesteek is.
Die Oudtshoorn-brandweer het vinnig reageer en kon daarin slaag om die brand te keer voor dit die huise bereik het.
Twee skilpaaie het doodgebrand.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is 'n verdagte, Ewerts Fredericks, deur lede van die publiek in hegtenis geneem.
"Die verdagte is Vrydagoggend vrygelaat en het Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn."
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'